<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?><song><aka>LB 485</aka>
<lyrics>[V1]
 O Heer, u laaste woorde
 digby Jerusalem,
 kom deur die loop van eeue
 soos met u eie stem:
 &quot;Aan My, wat dood oorwin het,
 is alle mag gegee;
 die heil wat Ek gebring het
 gaan deel dit verder mee!&quot;

[V2]
 O Heer, u laaste woorde
 as eerste sendeling,
 het oor die hele wêreld
 bevrydend uitgekring:
 &quot;Gaan oral en verkondig,
 deur lewe, woord en doop,
 vergifnis van die sonde,
 verlossing uit die dood.&quot;

[V3]
 Maak deur u laaste opdrag
 wat soveel vreugde bring,
 ons arbeid tot 'n seën;
 laat liefde ons ook dring.
 Bring mense tot bekering,
 wil u gemeente bou.
 En laat ons, Heer, u lering
 van harte onderhou.</lyrics>
<title>O Heer, U laaste woorde</title>
</song>